Game farms for sale

 

Wildplaas:
Gamefarm
:

   018

     

Opgestel

2009-10-20 Created

Opgedateer

2010-08-18 Updated

1) P Erasmus Prokureur hou persoonlik hierdie webwerf daagliks op datum. Die goedkoop plase op ander webwerwe is verouderd; 2) 'n Kommissie-agent word vergoed vir sukses, nie vir harde werk nie, so moenie ons penaliseer omdat ons effektief is nie.
 
 
1) P Erasmus Attorney personally updates this website daily. The cheap farms on other websites are outdated. 2) A commission agent gets remunerated for success, not for hard work, so don't penalize us because we're effective.
 
Ongerepte Waterberg, grens aan Welgevonden (groot 5 reservaat). R3,5m. 743 ha. Waterberg. Geen akkomodasie. Trekwild. Standhoudende rivier. Net berg - geen gelyk grond. Wildplaas: 018 Waterberg wilderness, adjacent to Welgevonden (big 5 reserve). R3,5m. 743 ha. Waterberg. No buildings. Free roaming game. Perennial river. Only mountain - no level ground. Gamefarm: 018

Ongerepte Waterberg, grens aan Welgevonden (groot 5 reservaat)! R3,5m. 743 ha. Waterberg distrik, Bulgerivier omgewing. 2 ure vanaf Zambezi Rylaan (Pretoria). 50% wildheining. Geen geboue. 100% berg - geen gelyk grond nie: lees my lippe: "Nie een vierkante meter gelyk grond nie, net klippe, klippe, klippe". Trekwild sluit in: koedoe, bosvark, bosbok, rooiribbok, klipspringer, luiperd, rooikat, bruinhiëna, kleiner roofdiere & groot verskeidenheid voëls. Geskik vir ekotoerisme. Berggruis. Flora - bome: koedoebessie, raasblaar, laventelkoorsbessie; gemengde gras. Weiding in goeie toestand. Min paaie. Eskom krag. Reën: 600 mm p.a. Standhoudende rivier; 0 boorgate; 0 reservoirs; 0 watergate / krippe. 1 km vanaf teerpad. Binneplaas. 0 arbeiders. Baie vêr vanaf enige plakkerskamp of soortgelyke kopseer. Geen grondeis of bewoningsreg. Teen Welgevonden groot 5 reservaat - kan inlyf. Waterberg Biosfeer. Geen serwitute. Nie naby myne, kragstasies, hoogspanningsdrade of ander onooglikhede nie. BK besit. Nie BTW geregistreer nie. Geen losgoed ingesluit nie. Rede vir verkoop: eienaar het nie tyd om die ontwikkelinge te doen nie. Algemene kommentaar: Woes & leeg - nie vir sissies nie. Hier koop jy isolasie. Die plaas vir die Camel Man. GPS ruitverwysing beskikbaar aan goedgekeurde kopers. Fotos - sien laer af. Wildplaas: 018

Waterberg wilderness, adjacent to Welgevonden (big 5 reserve). Easy terms! R3,5m. 743 ha. Waterberg district, Bulgerivier area. 2 hours from Zambezi Drive (Pretoria). 50% game fenced. No buildings. 100% mountains - no level ground: read my lips: "Not one square meter level ground, only stones, stones, stones". Free roaming game include: kudu, bushpig, bushbuck, mountain reedbuck, klipspringer, leopard, caracal, brown hyena, smaller predators & great variety of birds. Suitable for eco-tourism. Mountain gravel soil. Flora - trees: koedoebessie, raasblaar, laventelkoorsbessie; mixed grass. Grazing in good condition. Not much roads. Escom power. Rain: 600 mm p.a. Perennial river; 0 boreholes; 0 reservoirs; 0 waterholes / troughs. 1 km from tar road. Inside farm. 0 labourers. Very far from any squatter camp or similar headache. No land claim or right of occupation. Adjacent to Welgevonden big 5 reserve - can incorporate. Waterberg Biosphere. No servitudes. Not near mines, power stations, pilons or other ugly structures. Closed Corporation (type of company) owned. Not VAT (value added tax) registered. No loose assets included. Downpayment terms: Reason for sale: owner don't have time to develop the farm. General comment: Raw & undeveloped - not for sissies. Here you purchase isolation. The farm for the Camel Man. GPS grid reference available to approved purchasers. Photos - see lower down. Gamefarm: 018
  • Wanneer u ons die eerste keer kontak, gee asseblief vir ons antwoorde op die volgende vrae:
    1) Watter persentasie van die koopsom moet u leen?
    2) Maak u gebruik van 'n belegger / beleggers?
    3) Koop u alleen of saam met vennote?
  • Ons is heeltemal bereid om moeite vir u te doen as u geld eers later gaan beskikbaar raak of as u nog onseker is of u hoegenaamd 'n wildplaas wil koop - solank u die finansiële vermoë het om te koop is dit reg met ons.
  • Indien u wil weet waar die plaas is, oorweeg asseblief 1 van die alternatiewe opsies hieronder.
     
  • Verkoper betaal kommissie maar koper subsideer dit. Spaar ons tyd & spaar kommissie - alternatiewe opsies:
  • 1) Besigtig die plaas op u eie & betaal verminderde kommissie (eienaar moet instem).
  • 2) Koop die eienaar & die plaas se identifikasie by ons teen 'n klein vergoeding & betaal verminderde kommissie.
  • 3) Koop die eienaar & die plaas se identifikasie by ons teen 'n billike vergoeding & betaal gladnie kommissie nie.
  • 4) Betaal aan ons 'n fooi per dag om vir u plase te wys.
  • 5) Eienaar, adverteer u plaas teen betaling.
  • When you contact us the first time, please supply us with answers to the following questions:
    1) What percentage of the purchase price do you have to loan?
    2) Are you making use of an investor / investors?
    3) Are you buying alone or with partners?

  • We're gladly prepared to make an effort for you if your money shall only be available later or if you're still uncertain if you want to buy a game farm at all - as long as you have the financial ability to buy it's okay with us.

  • If you want to know where the farm is, please consider 1 of the alternative options below.
     

  • Seller pays commission but purchaser subsidises it. Save our time & save commission - alternative options:
  • 1) View the farm on your own & pay a reduced commission (owner must agree).
  • 2) Purchase the owner & farm's identification from us for a small fee & pay a reduced commission.
  • 3) Purchase the owner & the farm's identification from us for a reasonable fee & don't pay any commission.
  • 4) Pay us a fee per day to show you farms.
  • 5) Owner, advertise your farm for a fee.

Terug na "Wildplase te Koop" / Back to "Game Farms for Sale"

gamefarmnet.co.za
P Erasmus Prokureur / Attorney (Tjaka Erasmus)
+27(0) 82 375 3461 mobile;
+27(0) 86 616 5742 fax
Vygeboomspoort, Lephalale (Ellisras), South Africa
Pretoria kantoor / Pretoria office:
Amanyane 410, Rifweg-Oos, Leeuwfontein, Nokeng
Posbus 1494, Derdepark, 0035
In assosiasie met M P van Staden Prokureur, Lephalale (Ellisras)

 gamefarmnet.co.za


Bosveld is wildwêreld / Game farming is nature conservation


Tjaka Erasmus

 

Click Here!

Nuusbrief:

Newsletter:

1) Om ons nuusbrief te kanselleer stuur 'n blanko e-pos aan met "Kanselleer" in die insake lyn.
2) Om nuusbrief foto's te sien moet u aanlyn wees.
3) Skakels werk nie in ons nuusbrief nie.

1) To cancel our newsletter send a blanc e-mail to with "Cancel" in the re line.
2) To see newsletter photos you must be online.
3) Links don't work in our newsletter.