Game farm for sale; Game farms for sale; Gamefarm for sale; Gamefarms
for sale;
Game ranch; Gameranch; Wildlife Ranch

Limpoporivier! Musina. 416 ha. R1,75m. Basiese boskampie met drie kamers, elk met ‘n en suit badkamer, kombuis en lapa-area wat uitkyk reg oor die Limpopo met wonderlike sonsopkoms en -ondergange. Daar is ook ‘n rondawel vir bykomende slaap- of stoorplek. Rooibokke; Koedoes; Kleinwild (Vlakvark; Steenbok; Duiker; ens. Baie bosbokke een die rivier) en kleiner roofdiere (Luiperd, Rooikat, Rooijakkals, Bakoorvos ens). Olifante kom-en-gaan. Geen besproeiingsreg. Wildplaas: 1293
Stop eers. Ek het 'n getekende aanbod van R1,75m op die tafel.
![]()
Limpopo River! Musina. 416 ha. R1,75m. Basic bush camp with three rooms, each with an "en suite"
bathroom, kitchen and lapa area overlooking the Limpopo with
wonderful sunrises and sunsets. There is also a rondavel for additional
sleeping or storage space. Impala; Kudu; Small game (Warthog; Steenbuck;
Duiker; etc. Lots of bushbuck along the river) and smaller predators
(Leopard, Caracal / Lynx, Red Jackal, Bat-ear fox etc). Elephants come and
go. No irrigation rights. Gamefarm: 1293
Hold on. I have a offer for R1,75m on the table.
****************************
Krag: Die kragrekening is so R4 500 p.m en word tans net
gebruik vir die elektriese draadjie om die olifante uit die kamp uit te hou.
Hy is net aan wanneer die rivier droog is, want dis al wanneer die olifante
oor kom.
Grondbelasting: R534 p.m.
Water: Buiten die Limpoporivier is daar 'n boorgat op die
wal by die kamp (herberg) en daar's 'n boorgat in die wildkamp. Die boorgate
is ontoegerus. Die buurman verskaf tans gratis water want dis so weglaatbaar
min, gebaseer op vriendskap - geen verpligting. Die buurman verskaf ook water
vir 'n wildsuipingtjie in die wildkamp, wat onder die wildheining deur aan
albei kante water voorsien.
BTW: Verkoper is nie geregistreer vir BTW nie.
Dis 'n oordrag, so hereregte is betaalbaar.
Caveat: Die plaaswerker en sy vrou het 'n
lewenslange bewoningsreg, toegestaan deur die huidige eienaar, op grond van
langdurige goeie en lojale diens. Dit sê darem iets positief van hierdie werkers.
Daar is vir hom 20 ha uitgemerk, wat nog uitgespan moet word, waar sy huis
is en waar hy 5 grootvee en 20 kleinvee mag aanhou. Hy het tans 15 beeste en 20 bokke
en dis oor die hele plaas. NB: Dis 'n persoonlike reg, nie
'n saaklike reg nie - dit is dus nie verkoopbaar, vererfbaar of enigsins oordraagbaar nie.
Hulle salarisse: Man R4 750-00; Vrou R800-00.
Ouderdom: man 58, vrou 43. Jy hoef hulle nie in diens te neem nie.
Caveat: Almal vra vir my: "Is daar 'n
Zimbabwe probleem?". Ek sou sê ja, daar is maar lastigheid van Zimbabwe se
kant af. "Petty crime". Hulle sal steel wat hulle kan kry. Ook net as hulle
deur die rivier kan kom - daar's krokodille. Daar's nie 'n deurstroming van
onwettige immigrante en van sigaretsmokkelaars nie - die ligging is nie in
daardie roetes nie.
Hoe ver is die grond vanaf die naaste nedersetting beide
kante van die rivier? Musina - 40 km.
Hoeveel km rivierfront het hy? 2 km.
Wat is die beste kontant prys wat die eienaar sal vat?
Hy begin al praat van 'n veiling. Ek weet nie - maak maar 'n aanbod.
In watse toestant is die grensdraad, en is dit 100% omhein met 2,4m
wildheining? Dit wat ek gesien het is heel goed. Ja,
2,4m.
Wat is die rede vir die verkoop? Die oom is oud, hy
woon in die Kaap en die kinders stel nie belang nie.
Is daar jagkonsessies naby en in die omgewing waar ek met buutelandse
kliente kan jag, sou ek die grond koop en daar hervestig?
Baie.
Naaste teerpad? Die Musina / Pontdrift teerpad is
seker so 10 km weg.
Soos ek verstaan bly die werker permanent op die plaas, wat is sy salaris
per maand? R4 500 p.m.
Buiten die 20 ha en sy vee, wat is die ander byvoordele wat hy kry? Bv
elektrisiteit ens? Ja, daar is elektrisiteit by sy
huis. En natuurlik water.
Ek sien hy mag slegs 5 beeste en 20 bokke aanhou, tans is daar 20 bokke en
15 beeste... sou ek die plaas koop en enige vee verbied, gaan daai werker
nog steeds goedgesind wees en verstaan dat ons ernstige besigheid bedryf met
jag en Tourism? Hy sal ja.
Wat is die gemiddelde reënval per jaar? 420 mm p.a.
Water: Behalwe die Limpoporivier, het die plaas twee boorgate, voldoende vir huisgebruik en vir suiping vir wild en vee. Die boorgate is nie sterk genoeg om uit te besproei nie en daar's geen besproeiingsreg nie. Die boorgate is tans ontoegerus. 'n Buurman verskaf tans water op grond van goeie buurmanskap. Die boorgate is nooit getoets nie en die verkoper dra nie kennis van die sterkte van die boorgate nie. Normaalweg is sulke gate so ± 2 500 l/h sterk. Daar is geen dokumentasie in hierdie verband nie. Net so bietjie agtergrond: In die outyd het boere plase beset sonder boorgate. Daar was staatsboormasjiene wat rondbeweeg het en gate geboor het (1940's - 1970's). Daar's nie rekord gehou van boorgat-sterktes nie. Die enkele boorgate wat dalk wel getoets is, se rekords het verlore gegaan oor tyd. Meeste plaaseienaars kan net vir jou sê hy hoe lank hy al die boorgat gebruik en dat dit "nog nooit opgedroog het nie". Die werklike toetsbare sterktes het nog nooit vir hulle saakgemaak nie.
![]()
Power: The power bill is about R4 500 p.m. and is
currently only used for the single electric wire to keep the elephants out
of the camp. It's only on when the river is dry, because that's when the
elephants come across.
Land tax: R534 p.m.
Water: Apart from the Limpopo River, there is a
borehole on the bank at the camp (lodge) and there is a borehole in the game
camp. The boreholes are unequipped. The neighbour currently supplies free
water because it is so negligible, based on friendship - no obligation. The
neighbour also supplies water for a game watering hole in the game camp,
which supplies water under the game fence on both sides.
VAT: Seller is not registered for VAT.
It's a transfer, so transfer duty is payable.
Caveat: The farm worker and his wife have a lifelong
right of habitation, granted by the current owner, based on long-term good
and loyal service. That says something positive about these workers. A 20 ha
area has been identified for him, not yet fenced off, where his house is and
where he's entitled to keep 5 large stock and 20 small stock. He currently
has 15 cattle and 20 goats there, and it's across the entire farm. NB: It's a personal right, not a real
right - it's therefore not sell-able, inherit-able or transfer-able in any
way.
Their salaries: Man R4 750-00; Woman R800-00 p.m.
Age: man 58, woman 43. You don't have to employ him.
Caveat: Everyone asks me: "Is there a Zimbabwe
problem?" I would say yes, there is annoyance from the the Zimbabwean side.
"Petty crime". They will steal what they can get. Also only if they can get
through the river - there are crocodiles. There is no flow of illegal
immigrants and cigarette smugglers - the location is not on those routes.
How far is the land from the nearest settlement on
both sides of the river? Musina - 40 km.
How many km of river frontage does he have? 2 km.
What is the best cash price the owner will take? He is
already talking about an auction. I don't know - just make an offer.
What condition is the boundary wire in, and is it 100% fenced with 2.4m game
fence? What I have seen is very good. Yes, 2.4m.
What is the reason for the sale? The uncle is old, he
lives in the Cape and the children are not interested.
Are there hunting concessions nearby and in the area where I can hunt with
foreign clients, should I buy the land and relocate there?
Many.
Nearest tarmac road? The Musina / Pontdrift tarmac
road is probably about 10 km away.
As I understand it, the worker lives permanently on the farm, what is his
salary per month? R4 500 p.m.
Apart from the 20 ha and his livestock, what are the other fringe benefits
he gets? Eg electricity etc? Yes, there is electricity
at his house. And of course water.
I see he is only allowed to keep 5 cattle and 20 goats, currently there are
20 goats and 15 cattle... if I were to buy the farm and forbid any
livestock, would that worker still be kind and understand that we are in
serious business with hunting and Tourism? He would.
What is the average rainfall per year? 420 mm p.a.
Water: In addition to the Limpopo River, the farm has two boreholes, sufficient for domestic use and for watering game and livestock. The boreholes are not strong enough to irrigate and there is no irrigation right. The boreholes are currently unequipped. A neighbour currently supplies water on the basis of good neighbourliness. The boreholes have never been tested and the seller is not aware of the strength of the boreholes. Normally such boreholes are about ± 2 500 l/h strong. There is no documentation in this regard. Just a little background: In the old days, farmers occupied farms without boreholes. There were government drilling machines that moved around and drilled holes (1940s - 1970s). No records were kept of borehole strengths. The few boreholes that may have been tested have had their records lost over time. Most farm owners can only tell you how long they have been using the borehole and that it "has never dried up". The actual testable strengths have never mattered to them.
Terug na "Wildplase te Koop" / Back to "Game Farms for Sale"
![]()
Nuwe lystings per vonkpos. So gerieflik. Skryf in op ons nuusbrief. Kliek
hier en "Send".
New listings by email. So convenient. Subscribe to our newsletter. Click
here and "Send".

Tjaka Erasmus Prokureur (Attorney)
+27-82-375-3461,
tjaka@gamefarmnet.co.za
I sold my first game farm on 1994-09-04,
and never stopped selling exotic properties since then!
Wildplaas / Gamefarm: 1293
Opgestel / Created: 2025-03-25
Opgedateer / Updated:
2026-04-09


























*******************************************














Videos
Een minuut inleiding gevolg deur 'n volledige dokumentêr. Om hierdie eiendom ten volle te waardeer moet jy
die videos kyk.
One minute introduction followed by complete documentary.
To fully appreciate this property you have to view the videos.
"Op die plaas gevoel" / "On the
farm feeling"
27 minute video.
2025-04-15.
Een minuut inleiding gevolg deur 'n volledige dokumentêr. Om hierdie eiendom ten volle te waardeer moet jy
die videos kyk.
One minute introduction followed by complete documentary.
To fully appreciate this property you have to view the videos.
![]()
Nuwe lystings per vonkpos. So gerieflik. Skryf in op ons nuusbrief. Kliek hier
en "Send".
New listings by email. So convenient. Subscribe to our newsletter. Click here
and "Send".
Terug na "Wildplase te Koop" / Back to "Game Farms for Sale"
gamefarmnet.co.za
P
Erasmus Prokureur /
Attorney
(Tjaka Erasmus)
+27(0) 82 375 3461 mobile; Email:
tjaka@gamefarmnet.co.za
YouTube:
https://www.youtube.com/c/Gamefarmnet-1991
Lephalale (Ellisras) office: Schaapplaats, Lephalale (Ellisras)
Pretoria office: Amanyane 410, Rifweg-Oos, Leeuwfontein, Nokeng (Cullinan),
Tshwane / Pretoria.

Tjaka Erasmus
Gamefarmnet

![]()
Nuwe lystings per vonkpos. So gerieflik. Skryf in op ons nuusbrief. Kliek hier
en "Send".
New listings by email. So convenient. Subscribe to our newsletter. Click here
and "Send".
Voordat u hierdie bladsy uitdruk,
oorweeg asseblief die omgewingsimpak
Before printing this page, please consider the enviromental impact

Koper, het u die finansiële
vermoë?
As jy bietjie moet raap-en-skraap, of jou geld kom later los, of so iets - ek help graag, maar ek MOET jou vermoë om die eiendom te bekostig ondersoek. Gee dit asseblief sommer vir my reg van die begin af, die 1e keer wat jy my kontak. Die rede:
TYDMORSERS is mense wat plase wil “koop” maar gladnie oor die
finansiële vermoë beskik nie.
Tydmorsers se motiewe wissel van
a) Naïef – hulle dink hulle kan die plaas op skuld koop en uitboer;
b) Kansvatters, skelms en diewe – dis mense wat vir hulself ‘n
voordeel probeer bewerkstellig, van
so min as ‘n gratis besoek aan ‘n wildplaas,
tot okkupasie totdat hy uitgesmyt word weens wanbetaling,
tot die skurke wat okkupasie neem en die eiendom stroop van
bates en dan verdwyn (“asset stripping”);
c) Psigopatiese Narcissiste wat dit doen om as ‘n belangrike persoon
behandel te word en sodoende ‘n ego-streling (“ego boost”) kry;
d) By uitsondering selfs die Groenetjies wat die eienaar van 'n
wildplaas probeer benadeel vir hulle eie bizarre redes.
TYDMORSERS 01
TYDMORSERS 02
'n Verduideliking
Voorbeelde
6
minute video
15
minute video
Kommissie
'n Agent word betaal vir sukses. Moenie vir my sê ek ek het min tyd
gespandeer aan die transaksie nie - u weet nie wat agter die skerms gebeur
nie. As u my per uur wil betaal sê dit vir my van die begin af. Moenie my
penaliseer vir my effektiewiteit nie - dit maak my eintlik meer werd.
Die hoeveelheid kommissie is in ooreenstemming met die bedryfsriglyn en word
betaal deur verkoper (alhoewel koper dit subsideer).
Ons verdien ons kommissie sodra ons 'n koper vind wat gewillig en instaat is
om die eiendom te koop teen verkoper se minimum terme. Ondertekening van 'n
koopkontrak is die volgende stap en indien verkoper skielik nie meer wil
voortgaan met die verkoop nie word die kommissie onmiddelik opeisbaar en
betaalbaar. Andersins is die kommissie is betaalbaar by registrasie van
oordrag (in uitsonderlike gevalle kan die kommissie vroeër betaalbaar wees,
byvoorbeeld wanneer die koper koop op afbetaling). Vir 'n volledige
verhandeling oor hierdie kwessie gaan na http://www.gamefarmnet.co.za/toetsdiemark.htm.
Verkoper, moet ons dus asseblief nie misbruik om die mark te toets nie.
1)
P Erasmus Prokureur hou persoonlik hierdie webwerf daagliks op datum. Die
goedkoop plase op ander webwerwe is verouderd;
2) 'n Kommissie-agent word
vergoed vir sukses, nie vir harde werk nie, so moenie ons penaliseer omdat
ons effektief is nie.
*************
**************
![]()

Buyer, do you have the financial ability?
If you need to scrape around a bit, or your money comes loose later, or something like that - I assist you with pleasure, but I MUST investigate your ability to afford the property. Please give it to me right from the outset, the 1st time you contact me. The reason:
TIME WASTERS are people who want to "buy"
farms but do not
have the financial capacity at all.
Time wasters' motives range from:
a) Naive - they think they can buy the farm on debt and farm it out;
b) Opportunists, crooks and thieves - these are people who try to
gain an advantage for themselves, of
as little as a free visit to a game farm,
to occupation until he is thrown out for non-payment,
to the villains who take occupation and strip the property of assets and
then disappear (“asset stripping”);
c) Psychopathic Narcissists who do this to be treated as an important
person and thus get an ego boost;
d) Exceptionally even the Greens who try to harm the owner of a game
farm for their own bizarre reasons.
TIME
WASTERS 01
TIME WASTERS 02
An explanation
Examples
6 minute video
15 minutes video
Commission
An agent gets paid for success. Don't tell me
I didn't didn't spend much time on this transaction - you don't know what
happens behind the scene. If you want to pay me per hour tell it to me from
the start. Don't penalise me for effectiveness - it actually makes me worth
more.
The amount of commission is in accordance with the industry guidelines and
is payable by seller (although purchaser subsidises it).
Our commission is earned the moment we find a buyer who is willing and able
to buy at seller's minimum terms. Signature of a contract is the next step
and if seller suddenly refuses to proceed with the transaction the
commission becomes due and payable immediately. Otherwise the commission is
payable at registration of transfer (in exceptional circumstances it can be
payable earlier, for example when it is a downpayment scheme). For a
detailed discussion of this legal position go to http://www.gamefarmnet.co.za/toetsdiemark.htm.
Thus, sellers, please don't abuse us to test the market.
1) P Erasmus Attorney personally updates this website daily. The cheap
farms on other websites are outdated.
2) A commission agent gets
remunerated for success, not for hard work, so don't penalize us because
we're effective.
Nuusbrief: 1) Om ons nuusbrief te
kanselleer stuur 'n blanko e-pos aan ons met "Kanselleer" in die insake lyn;
2) Om
nuusbrief foto's te sien moet u aanlyn wees;
3) Skakels werk nie in ons nuusbrief nie.
Newsletter: 1) To cancel our newsletter send a blanc e-mail to us with
"Cancel" in the re line; 2) To see newsletter photos you must be online; 3)
Links don't work in our newsletter.
![]()
Nuwe lystings per vonkpos. So gerieflik. Skryf in op ons nuusbrief. Kliek hier
en "Send".
New listings by email. So convenient. Subscribe to our newsletter. Click here
and "Send".