Game farms for sale

 

Wildplaas:
Gamefarm
:

   361b

     

Opgestel

2008-10-16 Created

Opgedateer

2010-08-23 Updated

1) P Erasmus Prokureur hou persoonlik hierdie webwerf daagliks op datum. Die goedkoop plase op ander webwerwe is verouderd; 2) 'n Kommissie-agent word vergoed vir sukses, nie vir harde werk nie, so moenie ons penaliseer omdat ons effektief is nie.
 
 
1) P Erasmus Attorney personally updates this website daily. The cheap farms on other websites are outdated. 2) A commission agent gets remunerated for success, not for hard work, so don't penalize us because we're effective.
 
Puik Bosveld jagplaas! R4,35m. 333 ha. Lephalale (Ellisras) / Steenbokpan. Goeie huis & ruskamp. Baie wild. Wildplaas: 361b Excelent Bushveldt hunting farm! R4,35m. 333 ha. Lephalale (Ellisras) / Steenbokpan. Good house & guest camp. Abundant game. Gamefarm: 361b

Puik Bosveld jagplaas! R4,35m. 333 ha. Lephalale (Ellisras) distrik, Steenbokpan omgewing. 3 ure vanaf Zambezi Rylaan (Pretoria). Wildwerend omhein. 1) Goeie grasdak huis; 2) Goeie grasdak ruskamp. Plat topografie. Rooibok 140, koedoe 25, blouwildebees 35, rooihartbees 4, waterbok 6, njala 15, ook: steenbok, duiker, vlakvark, luiperd, jagluiperd, rooikat, rooijakkals, bakoorvos, maanhaarjakkals, bruinhiëna, kleiner roofdiere & groot verskeidenheid voëls. Geskik vir geweerjag, boogjag & teel van wild. Sandleemgrond. Flora - bome: witgat, kameeldoring, rosyntjiebos; soetgras. Weiding in goeie toestand. Voldoende paaie. Eskom krag. Reën: 450 mm p.a. Geen rivier; 1 toegeruste boorgat lewer 7 000 l / h (sterkte van pomp - boorgat is sterker); 1 reservoir; 3 watergate / krippe. Wildheining ge-elektrifiseer. 20 km vanaf teerpad. Binneplaas. 1 arbeider. Baie vêr vanaf enige plakkerskamp of soortgelyke kopseer. Geen grondeis of bewoningsreg. Geen serwitute. Nie naby myne, kragstasies, hoogspanningsdrade of ander onooglikhede nie. Familietrust besit. BTW geregistreer. Alle losgoed ingesluit buiten goedere van private - / sentimentele aard: meubels, toerusting, Isuzu bakkie, Land Rover wildkyker, Suzuki Jeep, Rustler quadbike. Afbetalingsterme: nie met verkoper bespreek nie - maak 'n aanbod as jy wil. Rede vir verkoop: onbekend (ek vra nie want ek kry nie 'n eerlike antwoord nie). Algemene kommentaar: Wat 'n fantastiese pragtige afgeleë Bosveldplaas! Fotos - laer af. Wildplaas: 361b

Excelent Bushveldt hunting farm! R4,35m. 333 ha. Lephalale (Ellisras) district, Steenbokpan area. 3 hours from Zambezi Drive (Pretoria). Game fenced. 1) Good thached house; 2) Good thached game lodge. Flat topography. Impala 140, kudu 25, bluewildebeest 35, redhartebeest 4, waterbuck 6, nyala 15, also: steenbuck, duiker, warthog, leopard, cheetah, caracal, jackal, bat ear fox, brown hyena, smaller predators & great variety of birds. Suitable for rifle hunting, bow hunting & game breeding. Sand loam soil. Flora - trees: sheppards tree, camelthorn, raisenbush; sweet grass. Grazing in good condition. Abundant roads. Escom power. Rain: 450 mm p.a. No river; 1 equipped borehole supplies 7 000 l / h (strength of pump - borehole is stronger); 1 reservoir; 3 waterholes / troughs. Game fencing electrified. 20 km from tar road. Inside farm. 1 labourer. Very far from any squatter camp or similar headache. No land claim or right of occupation. No servitudes. Not near mines, power stations, pilons or other ugly structures. Family trust owned. VAT (value added tax) registered. All loose assets included accept those of personal - / private nature: furniture, equipment, Isuzu pick-up, Land Rover gameviewer, Suzuki Jeep, Rustler quadbike. Downpayment terms: not discussed with seller - make an offer if you wish. Reason for sale: unknown (I don't ask because I don't get an honest answer). General comment: What a brilliant fantastic remote Bushveldt farm! Photos - see lower down. Gamefarm: 361b

Koper, het u die finansiële vermoë?

  • Wanneer u ons die eerste keer kontak, gee asseblief vir ons antwoorde op die volgende vrae:
    1) Watter persentasie van die koopsom moet u leen?
    2) Maak u gebruik van 'n belegger / beleggers?
    3) Koop u alleen of saam met vennote?
  • Ons is heeltemal bereid om moeite vir u te doen as u geld eers later gaan beskikbaar raak of as u nog onseker is of u hoegenaamd 'n wildplaas wil koop - solank u die finansiële vermoë het om te koop is dit reg met ons.
  • Indien u wil weet waar die plaas is, oorweeg asseblief 1 van die alternatiewe opsies hieronder.
     
  • Verkoper betaal kommissie maar koper subsideer dit. Spaar ons tyd & spaar kommissie - alternatiewe opsies:
  • 1) Besigtig die plaas op u eie en, indien u koop, betaal slegs 4% kommissie i.p.v die gebruiklike 7,5% (eienaar moet instem dat u die plaas op u eie mag besigtig).
  • 2) Koop die eienaar & die plaas se identifikasie by ons teen 'n klein vergoeding & betaal verminderde kommissie.
  • 3) Koop die eienaar & die plaas se identifikasie by ons teen 'n billike vergoeding & betaal gladnie kommissie nie.
  • 4) Betaal aan ons 'n fooi per dag om vir u plase te wys.
  • 5) Eienaar, adverteer u plaas teen betaling.

Buyer, do you have the financial ability?

  • When you contact us the first time, please supply us with answers to the following questions:
    1) What percentage of the purchase price do you have to loan?
    2) Are you making use of an investor / investors?
    3) Are you buying alone or with partners?

  • We're gladly prepared to make an effort for you if your money shall only be available later or if you're still uncertain if you want to buy a game farm at all - as long as you have the financial ability to buy it's okay with us.

  • If you want to know where the farm is, please consider 1 of the alternative options below.
     

  • Seller pays commission but purchaser subsidises it. Save our time & save commission - alternative options:
  • 1) View the farm on your own and, if you buy, pay only 4% commission i.o. the normal 7,5% (owner must agree that you may view the farm on your own).
  • 2) Purchase the owner & farm's identification from us for a small fee & pay a reduced commission.
  • 3) Purchase the owner & the farm's identification from us for a reasonable fee & don't pay any commission.
  • 4) Pay us a fee per day to show you farms.
  • 5) Owner, advertise your farm for a fee.

Grond-eienaar: wanneer kommissie verdien word en wanneer dit opeisbaar & betaalbaar word

  • Hierdie kantoor verdien ons kommissie sodra ons 'n koper vind wat gewillig en instaat is om die eiendom te koop teen u (minimum) terme.
  • Ondertekening van 'n koopkontrak is die volgende stap en indien u nie wil voortgaan met die verkoop nie word die kommissie onmiddelik opeisbaar en betaalbaar. Moet ons dus nie misbruik om die mark te toets nie.
  • Andersins is die kommissie is betaalbaar by registrasie van oordrag (in uitsonderlike gevalle kan die kommissie vroeër betaalbaar wees, byvoorbeeld wanneer die koper koop op afbetaling).
  • Vir 'n volledige verhandeling oor hierdie kwessie gaan na http://www.gamefarmnet.co.za/toetsdiemark.htm

Land owner: when commission is earned when it becomes due & payable

  • Our commission is earned the moment we find a buyer who is willing and able to buy at your (minimum) terms.
  • Signature of a Contract of Purchase and Sale is the next step and if you refuses to proceed with the transaction the commission becomes due and payable immediately. Thus, don't abuse us to test the market.
  • Otherwise the commission is payable at registration of transfer (in exceptional circumstances it can be payable earlier, for example when it is a downpayment scheme).
  • For a detailed discussion of this legal position go to http://www.gamefarmnet.co.za/toetsdiemark.htm

Terug na "Wildplase te Koop" / Back to "Game Farms for Sale"

www.gamefarmnet.co.za
P Erasmus Prokureur / Attorney (Tjaka Erasmus)
+27(0) 82 375 3461 mobile;
+27(0) 86 616 5742 fax
Vygeboomspoort, Lephalale (Ellisras), South Africa
Pretoria kantoor / Pretoria office:
Amanyane 410, Rifweg-Oos, Leeuwfontein, Nokeng
Posbus 1494, Derdepark, 0035
In assosiasie met M P van Staden Prokureur, Lephalale (Ellisras)

 www.gamefarmnet.co.za


Bosveld is wildwêreld / Game farming is nature conservation


Tjaka Erasmus

 

Click Here!

Nuusbrief:

Newsletter:

1) Om ons nuusbrief te kanselleer stuur 'n blanko e-pos aan ons met "Kanselleer" in die insake lyn.
2) Om nuusbrief foto's te sien moet u aanlyn wees.
3) Skakels werk nie in ons nuusbrief nie.

1) To cancel our newsletter send a blanc e-mail to us with "Cancel" in the re line.
2) To see newsletter photos you must be online.
3) Links don't work in our newsletter.