Game farms for sale

 

Wildplaas:
Gamefarm
:

   604a

     

Opgestel

2009-10-12 Created

Opgedateer

2010-02-04 Updated

P Erasmus Prokureur hou persoonlik hierdie webwerf daagliks op datum. Die "goedkoop" plase wat u op ander webwerwe sien is omdat ons opposisie nie hulle webwerwe opdateer nie. / P Erasmus Attorney personally updates this website daily. The "cheap" farms you see on other websites is because our competition don't update their websites.

Limpoporivier! R8,6m o/h/b. 596 ha. Ellisras / Swartwater. 5ster herberg. Baie wild. Wildplaas: 604a Limpopo Rivir! R8,6m neg. 596 ha. Ellisras / Swartwater. 5star lodge. Abundant game. Gamefarm: 604a

Limpoporivier! R8,6m o/h/b. 596 ha. Lephalale (Ellisras) distrik, Swartwater omgewing. 4 ure vanaf Zambezi Rylaan (Pretoria). Wildwerend omhein. 1) 5ster herberg met uitsig op die Limpoporivier, akkomodeer 24 mense; 2) Bestuurdershuis; 3) Slag- & koelgeriewe & ander buitegeboue; 4) Arbeidershuise. Plat topografie. Rooibok 200, koedoe 63, blouwildebees 77, waterbok 38, eland 25, volstruis 1, njala 20, gemsbok 22, rooihartbees 1, blesbok 24, geel blesbok 16. Teelkampies: 2 x 3 ha & 1 x 6 ha. Die volgende wild is uitgesluit: Swart rooibokke: 2 ramme, 15 f2 ooie, 5 f3 ooie; Buffel: 2 manlik, 3 vroulik waarvan 2 dragtig is (2008-04-24); Ook: steenbok, duiker, vlakvark, bosvark, bosbok, rietbok, luiperd, jagluiperd, rooikat, rooijakkals, bakoorvos, maanhaarjakkals, bruinhiëna, seekoei, krokodil, kleiner roofdiere & groot verskeidenheid voëls. Geskik vir ekotoerisme, geweerjag, boogjag & teel van wild. Rooigrond. Flora - bome: akasia (doringbome), witgat, rosyntjiebos, reuse anabome en huilboerboonbome teen die rivier; soetgras. Weiding in goeie toestand. Voldoende paaie. Eskom krag. Reën: 400 mm p.a. 2,5 km Limpoporivier; 2 toegeruste boorgate, sterkste lewer 3 000 l / h; 3 reservoirs; 3 watergate / krippe. 30 km vanaf teerpad. 3 arbeiders. Baie vêr vanaf enige plakkerskamp of soortgelyke kopseer. Nie naby myne, kragstasies, hoogspanningsdrade of ander onooglikhede nie. BK besit. BTW geregistreer. Meubels ingesluit, nie ander losgoed nie. Rede vir verkoop: verkoper wil nader aan die stad koop. Algemene kommentaar: Hierdie plaas is onder puik bestuur en in 'n puik toestand. Fotos - sien laer af. Ruitverwysing beskikbaar aan goedgekeurde kopers. Wildplaas: 604a

Limpopo River! R8,6m neg. 596 ha. Lephalale (Ellisras) district, Swartwater area. 4 hours from Zambezi Drive (Pretoria). Game fenced. 1) 5star lodge with a view over the Limpopo river, accomodates 24 people; 2) Manager's house; 3) Slaughtering-, cooling facilities & other outbuildings; 4) Labourer's houses. Flat topography. Impala 200, kudu 63, bluewildebeest 77, waterbuck 38, eland 25, ostrich 1, nyala 20, gemsbuck 22, redhartebeest 1, blesbuck 24, yellow blesbuck 16. Breeding camps: 2 x 3 ha & 1 x 6 ha. The following game is excluded: Black impalas: 2 rams, 15 f2 ewes, 5 f3 ewes; Buffalo: 2 male, 3 female of which 2 are pregnant (2008-04-24), also: steenbuck, duiker, warthog, bushpig, bushbuck, reedbuck, leopard, cheetah, caracal, jackal, bat ear fox, brown hyena, hippo, crocodile, smaller predators & great variety of birds. Suitable for eco-tourism, rifle hunting, bow hunting & game breeding. Red soil. Flora - trees: acacia (thorn trees), sheppard's tree, raisenbush, majestig ana trees & huilboerboon trees next to the river; sweet grass. Grazing in good condition. Abundant roads. Escom power. Rain: 400 mm p.a. 2,5 km Limpopo river; 2 equipped boreholes, strongest supplies 3 000 l / h; 3 reservoirs; 3 waterholes / troughs. 30 km from tar road. 3 labourers. Very far from any squatter camp or similar headache. No land claim or right of occupation. Not near mines, power stations, pilons or other ugly structures. Closed Corporation (type of company) owned. VAT (value added tax) registered. Furniture included, no other loose assets. Reason for sale: seller wants to buy a farm closer to the city. General comment: This farm is under good management and is in excellent condition. Photos - see below. Grid reference available to approved purchasers. Gamefarm: 604a
  • Wanneer u ons die eerste keer kontak, gee asseblief vir ons antwoorde op die volgende vrae:
    1) Watter persentasie van die koopsom moet u leen?
    2) Maak u gebruik van 'n belegger / beleggers?
    3) Koop u alleen of saam met vennote?
  • Ons is heeltemal bereid om moeite vir u te doen as u geld eers later gaan beskikbaar raak of as u nog onseker is of u hoegenaamd 'n wildplaas wil koop - solank u die finansiële vermoë het om te koop is dit reg met ons.
  • Indien u wil weet waar die plaas is, oorweeg asseblief 1 van die alternatiewe opsies hieronder.
     
  • Verkoper betaal kommissie maar koper subsideer dit. Spaar ons tyd & spaar kommissie - alternatiewe opsies:
  • 1) Besigtig die plaas op u eie & betaal verminderde kommissie (eienaar moet instem).
  • 2) Koop die eienaar & die plaas se identifikasie by ons teen 'n klein vergoeding & betaal verminderde kommissie.
  • 3) Koop die eienaar & die plaas se identifikasie by ons teen 'n billike vergoeding & betaal gladnie kommissie nie.
  • 4) Betaal aan ons 'n fooi per dag om vir u plase te wys.
  • 5) Eienaar, adverteer u plaas teen betaling.
  • When you contact us the first time, please supply us with answers to the following questions:
    1) What percentage of the purchase price do you have to loan?
    2) Are you making use of an investor / investors?
    3) Are you buying alone or with partners?

  • We're gladly prepared to make an effort for you if your money shall only be available later or if you're still uncertain if you want to buy a game farm at all - as long as you have the financial ability to buy it's okay with us.

  • If you want to know where the farm is, please consider 1 of the alternative options below.
     

  • Seller pays commission but purchaser subsidises it. Save our time & save commission - alternative options:
  • 1) View the farm on your own & pay a reduced commission (owner must agree).
  • 2) Purchase the owner & farm's identification from us for a small fee & pay a reduced commission.
  • 3) Purchase the owner & the farm's identification from us for a reasonable fee & don't pay any commission.
  • 4) Pay us a fee per day to show you farms.
  • 5) Owner, advertise your farm for a fee.


Hierdie is nie die Limpoporivier nie / This is not the Limpopo River


Hierdie is nie die Limpoporivier nie / This is not the Limpopo River

Om meer fotos van die Limpoporivier te sien kliek hier
To see more photos of the Limpopo River click here

Terug na "Wildplase te Koop" / Back to "Game Farms for Sale"

gamefarmnet.co.za
P Erasmus Prokureur / Attorney (Tjaka Erasmus)
+27(0) 82 375 3461 mobile;
+27(0) 86 616 5742 fax
Vygeboomspoort, Lephalale (Ellisras), South Africa
PO Box 1031, Lephalale (Ellisras), 0555, South Africa
Pretoria kantoor / Pretoria office:
Amanyane 410, Rifweg-Oos, Leeuwfontein, Nokeng
Posbus 1494, Derdepark, 0035
In assosiasie met M P van Staden Prokureur, Lephalale (Ellisras)

 gamefarmnet.co.za


Bosveld is wildwêreld / Game farming is nature conservation


Tjaka Erasmus

 

Click Here!

Nuusbrief:

Newsletter:

1) Om ons nuusbrief te kanselleer stuur 'n blanko e-pos aan met "Kanselleer" in die insake lyn.
2) Om nuusbrief foto's te sien moet u aanlyn wees.
3) Skakels werk nie in ons nuusbrief nie.

1) To cancel our newsletter send a blanc e-mail to with "Cancel" in the re line.
2) To see newsletter photos you must be online.
3) Links don't work in our newsletter.